skip to Main Content

Amathole Berries mik hoog, BARKLY EAST REPORTER

Amathole Berries mik hoog, BARKLY EAST REPORTER

Wanneer Amathole Berries by Stutterheim in die Oos-Kaap oor 10 jaar in volle produksie kom, sal dit die grootste onderneming van sy soort in die land wees. En, daar is plek vir nog meer produsente om die gesogte vrug to produseer. Vir mnr. Ryan Davies, besturende direkteur van Amathole Berries op Thornhill Farm by Stutterheim, is bloubessies sinoniem met die bediening van 'n nismark en duisende werksgeleenthede omdat die oesproses baie arbeidsintensief is. Die East Cape Development Corporation (ECDC) beskou die projek waarin daar reeds sowat R80 miljoen aan ontwikkelingwerk bestee is, as die kroonjuweel in hulle portefeulje. ECDC het 'n 10% aandeelhouding in die onderneming, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) 40% en die werkers en bestuur die balans. Davies se hoewel Thornhill Farm wat 70 kilometer Noord van Oos-Londen gelee is, net 380 hektaar groot is, die uiteindelike mikpunt is om 225 hektaar bessies to plant.

READ FULL ARTICLE

Back To Top