skip to Main Content

MCCI bekroon vir sy bydrae tot SEB, SAKE 24 (Volksblad)

MCCI bekroon vir sy bydrae tot SEB, SAKE 24 (Volksblad) Page 15

'n Groot eer het die Mangaung kamer van koophandel en nywerheid (MCCI) te beurt geval toe die sakekamer die eerste in die Vrystaat geword het om 'n PMRDiamond Arrow-eerbewys te ontyang. Die eerbewys is toegeken aan MCCI as die instelling in die provinsie wat die meeste vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) gedoen het. Dit word uitgeloof vir uitstekende dienslewering en kliente-tevredenheid en is die somtotaal van 'n proses waardeur ondernemings en instellings beoordeel is volgens lede van die gemeenskap se persepsie van daardie instelling. “Die eerbewys het vir MCCI bewys dat die pad wat ons ingeslaan het, die regte een is, en dat die werk wat ons doen om ondernemings te bemagtig, raakgesien word,” se Nancy de Sousa, president van MCCI. Sy se die sakekamer het die afgelope jaar groot netwerkgeleenthede gehou waar hy moeite gedoen het om swart entrepreneurs blootstelling te gee, ook aan buitelandse sakegeleenthede.

READ FULL ARTICLE

Back To Top