skip to Main Content

FINWEEK, KOMMENTAAR

FINWEEK (Afrikaans) Page 4


KOMMENTAAR marca@finzveek.co.za TERSAKE MARC ASHTON Mens kry die indruk dat hulle half apologeties moet wees oor hul welslae weens politieke korrektheicl DIT was seker 'n bedekte seen dat Suid-Afrikaanse sportkykers nie die wedstryd tussen Bafana Bafana en Niger kon sien nie. Die SAUK kon nie die uitsaairegte bekostig nie en ons is dit gespaar om te sien hoe ons al weer 2-1 verloor. Dit beteken ook dat ons nou al weer in 'n naelkoustryd gewikkel is om te kwalifiseer vir die Afrikabekertoernooi Ek kry eerlikwaar die gevoel dat – met die 2010 Fifa-wereldbeker iets van die verlede – sokkeraanhangers regtig keelvol is vir middelmatigheid. Daar word so baie aandag gegee aan die ontwikkeling van rolmodelle vir die land en mens sou clink dat dit een groep mense is wat die jeug sou kon inspireer.

Read full article

Back To Top